Selfs nog voor ons verloof geraak het was die die fotograaf boksie op my trou lysie reeds gemerk. Ek en Marthinus het van die begin af geweet dat ons niemand anders as Maryke Venter wou hê om die oomblikke van ons spesiale dag vas te vang nie. En dit was verseker een van die beste besluite wat ons kon neem. Maryke was voor die troue altyd reg om te luister, te help en advies te gee waar nodig. Haar liefde, geduld, profesionaliteit, opregte opgewondheid en energie op ons troudag het die dag vir ons albei so spesiaal en lekker gemaak.
Sy het ons albei so gemaklik laat voel wat die mooiste en spontaanste oomblikke na vore gebring het. Maryke is werklik ‘n wonderlike fotograaf en ‘n ongelooflike mens met ‘n pragtige hart en ‘n passie vir haar werk en kliënte. Sy het elke oomblik tot in die fynste detail perfek vasgevang en ek kan nie ons trou dag sonder haar daar voorstel nie. Elke foto is ‘n kosbare herinnering wat ons vir altyd sal koester en daarvoor sal ons nooit vir haar genoeg kan dankie sê nie.